Kom blaai saam deur ons albumpies van ons  Bosveld-
paradys Sabiepark en Melkbos  - ware plekke van melk en
heuning.

   Maak kennis met Witnek, ons Sabieparkse duikertjie  - `n
bloedjong rammetjie wat `n gryse oupa geword het.

   Lees (en geniet?) `n seleksie van HvD-versies - my
persoonlike  oogappeltjies.

   By die skakel Mayafudi  is 'n nuwe weergawe van die
olifantboekie Mayafudi.  By die skakel Kerk is die beskeie  begin
en einde van 'n abortiewe kerkboek - noem dit maar kortweg
HvD se kerk-memoires. By die skakel  Boeke is 'n lysie van HvD-
titels en 'n bietjie "senior humor" onder die titel Outerig en
Stouterig. Om by laasgenoemde uit te kom, klik hier op die
woord  HUMOR

Nog Tokkie is 'n beknopte foto-album in aansluiting by
Tokkie60 (kyk ook Engel met die kwas).

 Die Ware Jakob is 'n "selfportret" uit die geleentheids-
publikasie Halfpad Hemel Toe.     
hennievandeventer.com
Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerf
Engel met kwas

Vir Tokkie het 60 ook al gekom
en gegaan. (Geheimpie: sy
was op 15/3/09 63!)  "Engel
met die verfkwas" was 'n
"opdragwerk" vir die Groot
Verjaardag op 15/3/06.  Die
kunstenaar is Pierre van
Manen.  Die kinders se mos
altyd: as Tokkie in  die hemel
kom, sal sy rondkyk wat om te
verf of vernis. By die skakel  
TOKKIE60  is  'n eie
Tokkiewebwerf uit die vaardige
Ollie Olwagen se rekenaar vir
haar sestigste .

Los gerus u voetspore in ons Gasteboek.
Sign Guestbook
View Guestbook
HvD se blog-adres:

www.hennievandeventer.com/hvdblog

Ander HvD-foto's:

www.picasaweb.google.com/hennievan
deventer
of www.flickr.com

Verwante webwerwe:

www.krugerview.co.za
www.sabiestories.com
www.mayafudi.com
E-pos:
hvandeventer@mweb.co.za
TUISBLAD  
Waardevolle Afrikaanse poorte na hope heerlike
bestemmings:

wwww.soek-afrikaans.co.za    

www.beeld.com
Wiele

Die Van Deventers se wiele deur die jare  -
wel, nie almal nie, maar amper! -  kan
besigtig te word deur  hier op die woord
KARRE  te klik.
Dakke oor ons kop

Van Babanago af tot nou op
Melkbos was daar nogal heelwat
huise in die Van D's se lewe. Meer
as waarvan ons foto's het. Klik op

HUISE.
Kennisgewingbord

Vir Tokkie se 63ste is die hele
klomp  van ons,  tot klein  
Christopher (vyf weke),
Buffelsbaai toe. Ons het 'n
hond uit 'n bos gekuier op die
geliefde plek wat hier van 1971
af  tot die middel 90's ons
uitspanplek was, en diep-diep
in ons harte gekruip het. Op  
die bord is ook foto's van
Christopher se doop op
Sondag 5/4/09, die jongste
gesinsfoto's en vars foto's van
die kleinspan.
Klik op
FOTO'S
Stampe en stote:  Lees oor hoe dit
was om in die onstuimige 80's 'n
redakteur te wees. Klik net hier op
 
WVK
BEELD
www.dieknoop.co.za

www.lekkerafrikaans.com
ONTHOUBOEKIE MET
'N ANGEL

Nog 'n
sommer-net-onthou-boek
oor Sabiepark het pas
die lig gesien: UURTJIES
by my VUURTJIES.  Dit
is by die skakel
BOEKIE,
MAAR PAS OP dit is
amper 10 MB groot - vat

LA-A-A-ANK
om af te
laai.
Vir humor:

www.skoongrappies.com
WWW. BEELD.COM

Vir meer as 100
bydraes oor allerlei op
www.beeld.com klik net
op
en  tik  "hennie van
deventer" in soekvenster
Vir Gasteboek-argief
klik
HIER
HvD se 14de  (en  
laaste?) verskyn
Augustus/September.
Kyk BOEKE.