HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for September 27, 2006
photo

Middag uit Melkbos


 


Ja, Jacob, Thomas en Sasha het Oupa en Ouma verlede week gewoel.  Nou's hulle huis toe. Hul plekke is leeg.


Nuwe oorslaapgaste is Intwa en Manzi. Die Van Deventers (junior) kuier in Sabiepark.


My sinusoperasie more is gekanselleer.  My entoesiasme vir die chirurgiese ingryping in my kanale het die laaste dae vinnig getaan.


hennievandeventer.com kom, ja, hy kom. Party bladsye is nog onder konstruksie. Bouhelms is nodig! Maar krap maar tussen die bourommel. Dalk delf jy iets uit.


Ben van Rensburg en Rina Koen slaap vanaand hier. Sy kom o.m. help om die uwe se "Wall of fame" te herstruktureer.


Alf Ries is in die hospitaal vir pynbeheer.  Gaan vandag darem heelwat beter as gister.  Toe het hy gekrul.


 Van Sarel Venter 'n e-pos ontvang. Die ongeluk het die stomme mense die laaste ruk gery. Maar gelukkig darem niks te ernstig nie.


Carel en Sarah Louwrens van Skukuza het vanoggend kom tee drink. Lekker gewees om "ons Wildtuin-dominee" te sien.


Wens ek kon weet of iemand ooit die "bloggery" (bogtery?)  lees....


Groetnis


HvD


 


 

2006-09-27 13:26:23 GMT
Comments (3 total)
Author:Anonymous
Ja, ons lees wel die bloggery/boggery. Gaan kyk gerus ook na Ouma en die Dominee in davesrave
--D. van Wyk
2006-10-01 09:29:33 GMT
Author:Anonymous
Naand D. van Wyk.
Ek wou by davesrave gaan lees, maar is te dom om daar uit te kom. Kom net so ver as Talk Back, en word dan toegang geweier. Hoe maak 'n mens?

Hennie van Deventer
--hennie van deventer
<mailto:hvandeventer@mweb.co.za>
2006-10-05 17:51:43 GMT
Author:Anonymous
Lekker op die werf gekuier. Ek is onvaardig met werwe, maar hoop hierdie ondertekening van jou besoekersboek, slaag.
Sannie
--Sannie Wiese
<mailto:ewiese@mweb.co.za>
2006-10-21 07:21:54 GMT
Add to My Yahoo! RSS