

| Uit Melkbos | |||
Entry for October 28, 2006 ![]() Nee, HvD se blog staan nie uit sy "winterslapie" op nie (sien vorige inskrywing). Die status bly: Buite werking/Outside working. Hierdie bydrae, versier met Sunette de Beer se eerste ontwerp vir die Engelse Mayafudi se omslag, is om twee redes: (i) Om alle moontlike verwarring te probeer vermy oor hoe die blog se onaktiwiteit die res van die Van D-bedrywighede op die internet raak. Die antwoord is: Niks. Die staanplek www.hennievandeventer.com met al sy verwante werwe en foto-albums gaan onbelemmerd voort. (ii) Om ook in hierdie kolom tot siens te se aan kollega Alf Ries oor wie se stryd teen kanker in vorige aflewerings berig is. Ek onthou een van ons laaste telefoongesprekke toe hy reeds uiters verswak by sy seun, Hartman, aan die Rand aan die bed gekluister was. Hy wou weet wat het Naspers se aandeleprys die dag gedoen. Ek het nie geweet nie. Hy was vies en gefrustreerd. Ja, baie is sedert Donderdag om 16:10 gese en geskryf oor Alf die politieke beriggewer. Oor Alf die Beurs-entoesias (en suksesvolle belegger) en Alf die Franskraal-liefhebber (o, die vuurtjies onder die melkhoutbome!) kan ook boeke geskryf word. Van die Engelkse Mayafudi gepraat: die wiele rol. Vroeg in die nuwe jaar trompetter my olifantjie met 'n Oxford-aksent! HvD
2006-10-29 06:06:55 GMT
|
|||