HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for September 13, 2008
photo

Naand uit Melkbos 




STORMFOTO'S




In die blog hieronder skryf ek oor die indrukwekkende stormfoto's wat per e-pos rondgeblits is.




Bo is 'n foto wat my oud-kollega Johan van Wyk van Stop-van-Myne-faam op Plettenbergbaai geneem het. Die reuse-branders het ruite op die vyfde verdieping van die Beacon Isle-hotel stukkend geslaan!  




By die volgende skakel is vier foto's wat in Kampsbaai en Bakoven in die Kaapse kom-gebied geneem is - ek weet nie deur wie nie:




http://picasaweb.google.com/hennievandeventer/Stormsee#




Ongelukkig was ek te dom om hulle groter te maak. Maar hulle maak impak, selfs in die klein formaat.




Ek dink die foto hierbo en die foto's in my Picasa-albumpie Stormsee  bewys my punt: dat koerante in die hantering van die storms ongelukkig deur internet-foto's sleg getroef is. (HvD)   




 




 




 




2008-09-13 17:33:24 GMT
Add to My Yahoo! RSS