HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for October 23, 2008

Middag uit Melkbos


HOU NET MOED


Moenie moed verloor nie. Weet nie wat die Latyn daarvoor is nie, maar dis 'n goeie leuse wat met vrymoedigheid aanbeveel kan word vir enigiemand wat 'n gevleuelde woord soek om op 'n balkie onderaan 'n skool- of ander wapen aan te bring.



Op hierdie positiewe noot kan ek vanoggend my vars bulletin oor die Verwarrington-sage (blog hieronder) afskop. Dis 'n heuglike moment.



Ek kan naamlik op gesag van die Poskantoor rapporteer dat my geregistreerde brief met al die bewyse van my betalings gister afgehaal is. Dit het op 3 Oktober Verwarrington bereik - het dus net minder as drie weke le en wag terwyl ek met dese en gene stoei om hulle tot aksie te probeer aanspoor.



Met die bewyse hopelik nou in die  regte hande - altyd die aartsoptimis, dis ekke! -  begin n dowwe ligkolletjie aan die einde van die tonnel uitslaan.



Dankie vir al die simpatieke belangstelling wat my eerste mededeling  uitgelok het ....  en vir die waardevolle advies wat my op allerlei wyses bereik het   Van daardie advies is so waardevol dat dit liewer nie in die openbaar  herhaal moet word nie. Die mure het ore. (HvD)


2008-10-23 12:50:12 GMT
Add to My Yahoo! RSS