HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for November 6, 2008
photo

More uit Melkbos


VERLOOR MET KLAS




Amerikaners kan die res van die wereld 'n les leer hoe om met styl 'n pak te vat.  Hulle is ongetwyfeld die grootmoedigste verloorders op aarde.



Dit het my nog altyd getref na selfs die bitterste  presidentsverkiesing met watter grasie die verloorder telkens 'n buiging na die wenner maak. John McCain was geen uitsondering nie. Trouens, sy beskaafde gelukwensing aan die seevierende Barack Obama was waarlik 'n getuigskrif vir die man se ingebore klas en ordentlikheid.



Hier is die ewe grootmoedige kommentaar van 'n Amerikaanse vriend - ook 'n Republikein:      



"He was not my choice, but my fellow Americans have spoken unequivocally and President-Elect Obama is now my President.  A new generation has prevailed, and with Tennyson I muse:


"The old order changeth, yielding place to new,


And God fulfuls himself in many ways,


Lest one good custom should corrupt the world."


— Alfred Tennyson in The Passing of Arthur




How true.


Regards, and to the justifiably jubilant: Hearty Congratulations,"



Vir iemand wat 'n pak met soveel grasie vat (en Tennyson so vanpas kan aanhaal), haal ek my hoed af.


Oor die vraag of  Amerikaners ewe grootmoedig is wanneer hulle wen, is ek nie seker nie.  Hier is die kommentaar van 'n ander Amerikaanse vriend, 'n keiharde Demnokraat:  


"My one fervent hope is that before I die, I will see George W. Bush in chains headed for a federal prison. His crimes against the country's laws and its Constitution should no go unpunished."(HvD)




2008-11-07 06:03:29 GMT
Add to My Yahoo! RSS