HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for January 9, 2009
photo

Middag uit Melkbos


WOUDAPIE - SO BY MY KOOL!  


"Woudapie se voet, man, dit was seker maar 'n groenrugreiertjie of iets."


Vir die skeptiese vriend wat hierdie onvriendelike kommentaar staan en lewer het op nou anderdag se blog oor waarnemings by Lake Panic naby Skukuza, het ek belowe hy gaan sy woorde saam met sy brekfispap moet opeet.


Wel, belofte maak skuld.


Hier's my foto. Groenrugreier? Watwo!


Trouens, ons het daardie oggend 'n groenrugreier ook gesien.


En van die sku en skaam woudapie nie net hierdie enetjie nie, maar drie. Ongelukkig was hulle altyd net te ver uitmekaar vir 'n groepfoto.


My lens is nie een van daardie kanonlope waarmee die professionele voel-fotograwe rondloop nie. (HvD)  


 


  


 


2009-01-09 13:02:18 GMT
Add to My Yahoo! RSS