HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for February 15, 2009
photo

Middag uit Melkbos




SWAELTJIE-FOTO'S




Hierbo pryk 'n nie-professionele (eintlik maar taamlik amateuragtige!) eie montasie van die ses swaeltjiefoto's waaroor in Amerika, Europa en elders emmers vol trane gestort is - sien die blog hieronder: " 'n Swaeltjie se smart." 




Die volgorde is links bo, regs bo, middel links, middel regs, links onder en regs onder.




Die eerste foto is van die wyfie in die pad nadat sy deur 'n motor getref is.  In die volgende drie foto's probeer die mannetjie angsbevange help deur haar te voer en uit die pad te probeer sleep.  Die laaste twee foto's wys sy hartseer en verslaendheid. 




Geen erkenning word aan die fotograaf gegee nie, omdat ek nie weet wat sy naam is nie. (HvD)    




 




 




  




2009-02-15 15:48:51 GMT
Add to My Yahoo! RSS