

| Uit Melkbos | |||
Entry for March 1, 2009 ![]() More uit Melkbos LESSE UIT 'N LUGDRAMA Iets wat my diep getref het in my jongste sarsie e-posse is die verhaal van Vlug 1549 - die Airbus 320 wat in ‘n swerm Kanadese ganse vasgevlieg het en toe wonderbaarlik deur die 58-jarige kaptein, Chesley Burnett Sullenberger III, by Manhattan, New York, in die Hudsonrivier neergesit is – soos beskryf deur een van die passsasiers, Gerry McNamara, in ‘n skrywe aan sy kollegas. Die ongelooflike ontkoming nadat Gerry hom klaargemaak het om te sterf, het duidelik ‘n geweldige impak op sy lewe gehad, wat lewenslesse vir elke mens inhou. Ekskuus as dit prekerig klink, maar ek dink tog dis die moeite werd om sy insigte te versprei - en ook nie nie net ter wille van mense wat gereeld vlieg nie! Gerry skryf die tyd sal seker antwoorde bring op vrae soos: waarom het dit met my gebeur; waarom het ek oorleef, en wat is ek veronderstel om met hierdie geskenk te doen? Hy kom nietemin agter hy is dadelik reeds geduldiger, meer vergewensgesind, minder krities en minder veroordelend. Ervaring bring nie net “weet hoe” nie; dit bring ook nugterheid, kalmte en gesonde oordeel wanneer dit die broodnodigste is. Of wat praat die ou man alles? (HvD) 2009-03-01 09:34:24 GMT
|
|||