HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for March 9, 2009
photo

Middag uit Melkbos


 


Watwou, ‘n AREND - DIS 'N wou!


 


 


Die leerkurwe duur voort.  Gister moes ek bely ek het ‘n lalreier vir ‘n wouadpie aangesien.  Vandag se korreksie geld ‘n  swartwou (Engels: yellowbilled kite) wat ek ‘n ruk gelede hier as ‘n bruinslangarend uitgeken het.


 


Ekskuus vir die wals. Maar dit gee my darem kans om weer die foto te wys waaroor ek myself nogal op die skouer klop. Ek moes vinnig my Canon in gereedheid bring toe ons die waardige meneer met sy murgbeen op die teerpad van die Krugerhek af Skukuza toe raakloop.


 


Die verkeer was redelik druk en hy het nie lank bly sit nie.  (HvD)    


2009-03-09 12:24:11 GMT
Add to My Yahoo! RSS