HvD se blog
Uit Melkbos
Entry for March 20, 2009
photo

Middag uit Melkbos


BLAAI, BLAAI DEUR BUFFELSBAAI






Op die saamgestelde foto hierbo word aangesit vir aandete op Kammarus se asemrowende dek op Buffelsbaai. Die branders  rol as' t ware onder jou voete in!


Meer foto's van die Van Deventers se nostalgiese herbesoek aan 'n geliefde ou kuierplek hier van 1971 af tot 1995 verskyn in 'n Picasa-albumpie wat vinnig  saamgeflans is. Om daarby uit te kom, is die maklikste roete:


1. Gaan na www.hennievandeventer.com ;


2. Beweeg af, af, af op die tuisblad en klik op Picasa-albums;


3.Klik op die albumtitel  Buffelsbaai, Maart 2009


Dis maar 'n beskeie albumpie met iets soos 35 foto's. Ek wed egter dit sal veral liefhebbers van Buffelsbaai se monde laat water...


In die blog hieronder vertel ek meer van die kuier - hierdie keer nie net meer met ons eie kinders nie, maar ook saam met ons kinders se kinders.  (HvD)


2009-03-20 12:07:06 GMT
Add to My Yahoo! RSS