Die kerk op
die voorblad
Moenie skeur
nie, dis ons
kerk!
In 2005, meen ek, het dr. Francois
Hanekom, NG leraar van
Melkbosstrand, die ingewing gekry dat
ek oor die kerk moet skryf. Hy het
gemeen my dubbele perspektief van 'n
Christen-koerantman in die stormjare
van die tagtigs en van lojale lidmaat 'n
boek behoort te skryf oor al die
woelinge en strydvrae in die kerk.
Ondanks bedenkinge, het ek 'n entjie
gevorder. Dit was egter niks meer nie
as 'n optekening van my eie
kerk-memoires as 't ware. Die moeilike
hoofstukke - kerkvernuwing,
kerhereniging, gays en ander eietydse
tameletjies - het ek bly eenkant toe
skuif. Uiteindelik het ek besef daaroor
sou ek nie my hand op papier kon sit
sonder 'n enorme klomp studie en
navorsing nie. Toe maak ek maar
stilletjies die boek op my kerkboek toe!
Die voorlopige titel was: Die kerk op
die voorblad of Moenie skeur nie, dis
ons kerk!
Op die volgende bladsye volg die paar
hoofstukke wat klaar is, en 'n kort
raamwerk van die res. Klik op Kerk
op die tuisblad of op die skakel regs
onder.
Ek en dr. Tienie Zeeman op 'n
strandwandeling op Melkbos.
'n Skildery van die NG kerk
Melkbosstrand deur Mare Bruwer
versier die 2008-kerkalmanak
Potchefstroom se kerk:
hier het ek in 1957 by
ds, Beyers Naude
belydenis van geloof
afgele.
of
Kerk in Cambridge, VSA - die
Congregational United Church of
Christ (1633)
Dr. Francois Hanekom
by die tweeling se
doop op Melkbos.
Babanango se kerk
waar ek in 1941
gedoop is. Die toring
het later bygekom.
Hierdie dokument is, bo alles, 'n stotterende dankwoord aan die Here vir al sy genade wat so onverdiend oor die Van D's uitgestort word.
|