| Eerste skof |
| Van Bultfontein tot Bloemfontein. Van plattelandse rondegesig-meisietjie tot bekoorlike studentenooi. Van onderwyseres tot bruid. Jong moedertjie. Die goue skof eindig met HvD se verplasing na Johannesburg in 1974. Tokkie bly eers in Bloemfontein agter - 'n tweede enetjie is op pad. |

| 'n Paar jaar later. Tokkie die studentenooientjie (links) en die matrieknooi (regs). |

| Tokkelossie voordat sy skool toe is (regs) en in standerd vyf. Haar pa het die klein kortetjie die naam gegee juis weens haar gebrek aan lengte. |

| Die nuwe juffrou omring deur standerd-een-gesiggies van haar eerste klas. |

| Hertzogstraat 5, waar Tokkie grootgeword het. Die foto is geneem op 'n herbesoek aan Bultfontein 40 jaar na matriek, in 2003. |

| Ons laaste vakansie alleen - Port Elizabeth 1970. |

| Saterdag 31 Desember 1966. Trouklokkies lui op Bultfontein. Hennie en Tokkie word die egpaar Van Deventer. |

| Waar kry jy daardie hoed? Uitgevat vir Johan se doop in die NG gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein. |

| Johan se twee tuiskomste. Na sy geboorte op 14 September 1971 (regs) en weer op nege maande (links), na ses maande in die hospitaal weens diabetes mellitus. |