| Tweede skof |
| Die tweede skof neem ons na Johannesburg (adres: Maroelastraat 936, Randparkrif 3, Randburg) en eindig, soos die eerste, in Bloemfontein (adres: Genl van Schoorstraat 1, Dan Pienaar - in 2006 aangewys as die beste woonbuurt in die land!) Tussenin ge-toebroodjie is 'n jaar in Amerika (adres; Crimson Court, Mass. Ave, Cambridge, Massachusetts). Nog goue jare! |

| Voor ons vertrek Amerika toe is hierdie gesinsfoto geneem. Kyk hoe lank is T. se hare! |

| Ons het skaars in Randburg grondgevat, toe moet Tokkie weer hoed opsit vir 'n doop: hierdie keer Marisa s'n. |

| Oujaarsdag 1976. Die ou jaar word gegroet in Disneyworld, Florida. Johan laat hom Micky Muis se attensies welgeval. Marisa wil niks weet nie. |

| Tokkie met Marisa op die veerboot tussen Manhattan en Staten Island, New York. Die twee torings van die Wereldhandelsentrum was toe nog 'n belangrike faset van die "Groot Appel" se indrukwekkende profiel. |

| Daardie jare was daar net EEN vakansieplek: Buffelsbaai. Tokkie en die twee kinders op die strand voor die vakansiehuis "Kop-bo-water". |

| Terug in Randburg. Tokkie en die twee kinders by Maroelastraat 936. |

| Die byderwetse geskenkewinkel Tokkie in die Mimosa Mall was 'n groot sukses. |

| 'n Baken van Tokkie se tweede skof in Bloemfontein was haar rol as Kunsmark se baas. Tokkielaan in Koningspark is ter ere van haar Kunsmarkbydrae na haar genoem. |